Liewe Oom Wosonki (3)

by

Dis Pokkeljonsie hier. Hoe gaan dit nog met jou? Met my gaan dit goed. Ek is net moeg vandag. Die naweek was laaaaaaaaank.

Ons het op Springs gaan kuier die naweek. Ek dink die grootmense is simpel, hoe kan hulle die plek Springs noem en daar is nie een spring in die strati nie? Ek het gekyk en gekyk tot my oge later seer was, maar niks. My mamma het my vertel van warm water wat uit die grond uit loop maar ek het ook geen water in die straat gesien nie.

Oom S is baie snaaks Oom Wosonki. Hy vertel vir die ander ooms van steek en dan is daar nie eers bye naby nie. Ek het baia stil onder die stoel gesit want ek wil nie hê die bye moet my steek nie. Dis baie seer as ‘n by jou steek, Oom Wosonki. Dit brand soos ‘n koolkie wat uit die vuur spring. Baie seer. Oom S het vertel van oom Joos en sy gestekery. Sjaim, hy was seker vol plysters geplak want my mamma plak vir my ‘n plyster op as die by my steek. Oom S sê dis niemant se saak wie hy steek nie. Ek het nie geweet oom S het ok ‘n angil nie Oom Wosonki. Ek het so onder die stoel deurgekyk, maar ek kon nie oom S se angil sien nie. Hy sê as hy iemand wil steek, het dit niks met enigiemand anders te doen nie. Hy sal steek wie hy wil.

Ons het lekkir braaifleis geet en daar was poedieng ook. Die aartapils was die lekkerste van allis. Ek hou baia baia van aartapils oom Wosonki. My mamma sê ek is ‘n aartapilkint. Dit was baia njammies.

Ek gaan nou maar slaap. Ek het my verstirs styv toegimaak sodad die bye nie in my kamir kan inkom nie.  My mamma het nie gedink ek was snaaks toe ek haar vra oor oom S se gestekiry nie. Sy sê kindirs mag nie tanni tel by die grootmense nie. Maar ek het nie Oom Wosonki, ek wou net sien waar sit oom S se angil. Hy beri hom sekir in sy sak as hy hom nie gebryk nie.

Lekker lalies Oom Wosonki.

Groeti

Pokkeljonsie

19 Responses to “Liewe Oom Wosonki (3)”

  1. Wipsnoet Says:

    Whahahahaha hillarious!!! ja-nee kyk hierdie bye wat so steek, is selfs deesdae vir Wip een te veel Pokkeljonsie!

    Ons moet maar die vensters styf toe hou ;)

  2. Dellie Says:

    Hie-hie! Kostelik! :lol:

  3. Pikkelik Says:

    O jittetjie!!!! Whahahahaha!!!! :lol: :lol: :lol: :lol: Laat ek julle nou nie verder in die skande ’steek’ en oor die keybord ook proes nie!! :lol:

  4. demoerin Says:

    :lol: Bêre in sy sak… bwahahaha.
    Ja nee, baie bye in die nuus deesdae.

  5. BB Says:

    Daai bytjie het nogal vir my baie soos i aartappel gelyk Pokkeljonsie!! :lol: Ek is soooo bly Oom S maakit nie ook nog my saak wie hy steek nie – ek weet nou al van genoeg anner ooms se angils! (eendag gaan daai gestekery hulle nog inhaal… ‘n by kan ook net eenkeer steek dan’s dit bokveld toe :mrgreen:

  6. Pikkelik Says:

    Nou wat nou!!!! CLOSED vir wat????? Nee my aardetjie toggie…

  7. Sonkind Says:

    Waarheen is julle?! Ons gaan julle vreeslik mis!

  8. krista Says:

    Nee, ons is nie weg nie, ons is net te besig om nog te blog ook. Werksdruk is bietjie erg op hierdie stadium.

  9. Die Week in ‘n Neutedop…. « Demoerin se Wêreld Says:

    [...] ja, as pappa nou bietjie uitgerus is na die week en die angel geolie is, en mamma gereed is is al wat [...]

  10. BB Says:

    Ek mis iets – elke bleddie oggend mis ek iets… ek wonner wat dit is :roll: – gedink julle kan my dalk help :???:

  11. Roer Says:

    Sterkte met die werk. Heeltemal te verstane.

  12. Huisvrou Says:

    Liewe Pokkeljonsie,
    Ek is so bitter jammer dat net wanneer ek nou wakker skrik in hierdie blog-wêreld, “almal” bietjie ophou blog. Ek het gou by tannie Boendoe ingeloer, en daar is ook ‘n “closed” teken op…
    Nou wonder ek maar…

    Jaco, Krista
    Goed om te hoor dis net die werk, en nie iets meer nie… ;)

  13. BB Says:

    :shock: Ek hoopie dis aansteeklik nie :???:

  14. BB Says:

    Beste oom Narciepit en antie Poewie. (Mamma sê mens maggie mense dierename gee nie, maar die antie het sélf daai piepie gepies van die poei en hoe gaanit nou lyp as mens haar ‘Prista” noem, hê!?! Hoe??? :shock:
    My harpie is foppen stuppend!! Hys seer want hie gaan nips aan op hierie blop (of spel mens blop mette ‘g’??) ag, wat maapit tog saap?? ep hoop jy rus lepper uit oom Narciepit – of nee!! ep hoop eerder jy werp jou oorhoeps – sodat jy darem rede het vir hierie spripweppende stilswye :roll:
    Verspoon my spelling, maar my peyboard is stuppend – as hy ‘n p moet tip tip hy ‘n p!!!
    Liefde en druppies
    BB (Danpie tog my naam issie PP nie!!! :mrgreen: )

  15. krista Says:

    Bwhaaaaaahahahahaha @ antie BB!

    Jy’s flippen snaaps!

  16. Pikkelik Says:

    Ai Jaco, is jy nog nie moeg met jou plankies gespeel nie???? Wil jy nie maar ‘n ietsie skryf nie en while your at it, wil jy nie vir my ‘n bedkassie ontwerp wat sommer ‘n boekrak ook is nie???? ‘n Easy een met mates en alles wat ek sommer so met my (nie so dom) eie hande aanmekaar kan slaan nie??? :twisted:

  17. Pikkelik Says:

    O ja, my bed is nog ‘n katel, hy is lekker hoog, hierdie stofpoeperkassies werk nie vir my bed nie….

  18. Jaco Says:

    Woensdag Pikkie. Woensdag sal daar ‘n stukkie op wees.

  19. Pikkelik Says:

    Heeehaaa!!! Nou gaan dit seker net 6 woordjies wees, maar ek sal maar eerder nie kla nie… nota aan self, hou jou bek en sit in die hoek….

Leave a Reply