Geluk ou bloggie! Gratis aan ‘n goeie huis

April 22, 2009

Goeie gebruikte blog, 2 jaar oud vandag. Slegs 400 inskrywings op die mylmeter. Effens verwaarloos want eienaar het sy geveg met die swart hond verloor en het net nie meer lus om aandag te gee nie.

Navrae binne
Die blog

closingdown

Hierdie sal die laaste inskrywing op Wosonki wees. Dis met seer harte wat ons besluit het om op die heuglike geleentheid van die blog se 2de verjaarsdag en 400ste inskrywing vir Wosonki te laat uitsit. Lyfie se ander 2 blogs (Unpregnantmother en Madcowmania) gaan aan soos gewoonlik. Wosonki sal oop bly vir so lank as wat moontlik is, as monument dat ons ook hier was (en natuurlik indien ons later weer van plan verander).

Dankie vir ‘n onvergeetlike ervaring aan ieder en elk wat ooit julle spoor hier kom laat het, ons hoop om met huidige en moontlike toekomstige kuierplekkies weer van die selfde gatseggies raak te loop.

Dankbaar . . . en nag ou grote.

Jaco en Krista


Beskerm: ‘n Nuwe dagbreek

April 22, 2009

Hierdie berig word beskerm met ‘n wagwoord. Om dit te besigtig, voer asb. jou wagwoord onder in: