Goeie gebruikte blog, 2 jaar oud vandag. Slegs 400 inskrywings op die mylmeter. Effens verwaarloos want eienaar het sy geveg met die swart hond verloor en het net nie meer lus om aandag te gee nie.
Navrae binne
Die blog

Hierdie sal die laaste inskrywing op Wosonki wees. Dis met seer harte wat ons besluit het om op die heuglike geleentheid van die blog se 2de verjaarsdag en 400ste inskrywing vir Wosonki te laat uitsit. Lyfie se ander 2 blogs (Unpregnantmother en Madcowmania) gaan aan soos gewoonlik. Wosonki sal oop bly vir so lank as wat moontlik is, as monument dat ons ook hier was (en natuurlik indien ons later weer van plan verander).
Dankie vir ‘n onvergeetlike ervaring aan ieder en elk wat ooit julle spoor hier kom laat het, ons hoop om met huidige en moontlike toekomstige kuierplekkies weer van die selfde gatseggies raak te loop.
Dankbaar . . . en nag ou grote.
Jaco en Krista
April 22, 2009 at 5:11 vm |
Nee, ek het NIE opgesit en wag vir hierdie ene nie!
Weet jy, ek verstaan vandag eintlik baie beter as wat jy dalk mag dink.
Daai donnerse swart hond, ne…
(Ek hoef darem seker nie te groet nie, of hoe? Ons sal jou nog in die verbygaan sien?)
April 22, 2009 at 8:07 vm |
Wanneer is mens ‘n totale blog addict?
As jy sit en tjank oor ‘n Closing Down Sale. (Gewoonlik sit so iets my en “EVA” (my kredietkaart – engels uitgespreek) op ‘n high)
Wosonki was die eerste blog wat ek gelees het… roofleser, want ek was nog te skrikkerig… dit het gelyk soos ‘n “close knit” familie wat hier uithang, en ek wou nie intrude…… op my eie het ek toe ‘n blog gaan oopmaak, stil, eenkant … die voorbeeld wat ek gevolg het, was my bure…. WOSONKI
En nou gaan ek dadelik ophou snotter…
Want die Wosonki’s is my dierbare vriende in die regte lewe……
(((((Nag ou grote…))))
ek verstaan
((((((((((((((((((JACO*kRISTA)))))))))))))))))))
April 22, 2009 at 9:28 vm |
2 Jaar is ‘n lang tyd. Baie geluk en baie sterkte vir die toekoms.
April 22, 2009 at 11:34 vm |
[...] Wosonki se blog is vandag 2 jaar oud! [...]
April 22, 2009 at 1:42 nm |
2 jaar is lank en ek verstaan ook die gevoel agter die besluit.
Dit was altyd lekker om hier te kom inloer.
So, ek se totsiens, maar nie vaarwel
April 22, 2009 at 4:57 nm |
Baie geluk en nou sommer
VOORSPOED!
April 22, 2009 at 5:08 nm |
Hei ou grote, jy sal altyd een van my grotes wees.
April 22, 2009 at 6:10 nm |
Ek gaan nie probeer om jou om te praat nie. Soos ek jou leer “ken” het, het jy hierdie ding van bo tot onder deurgedink. Dis jou besluit. En jy het klaar besluit, so ek gaan net vingerspoed mors. Ek sal dit respekteer.
Dat ek Wosonki gaan mis, dis gewis. Ek dink Jaco was die eerste ene wat vir my gesê het dat ‘n blog soos terapie is. En in hierdie twee jaar het die Wosonki’s meer dinge in my kop losgemaak as wat julle dink. So, dankie daarvoor. En asb, los hierdie blog net hier as julle monument – al is dit net vir ons.
Sien jou so in die verby-gaan, Jaco… totsiens gaan ek sowaar nie sê nie.
NS. Ek hoop jy kry die swart hond weggejaag… hy hoort nie op jou erf nie.
April 22, 2009 at 6:18 nm |
Narcosis en Marat Feb 2006 het ek julle raakgelees by SSSB en julle het ‘n splinternuwe w^reld vir my oopgemaak! Wat my menigte dag laat skaterlag het. Julle bydrae was fantasties en julle was die “ouers” vir my van Afrikaner-humor en positiwiteit. Kaalvoet oor die berge…ek sal dit NOOIT vergeet nie!
Baie dankie!
April 22, 2009 at 7:41 nm |
Baie jammer om dit te hoor!
Alle voorspoed en sterkte vorentoe.
April 22, 2009 at 8:09 nm |
Soms wil mens nie groet nie, want dis te moeilik. Hierdie is een van daardie tye. Ek hoop nog steeds ek sal eendag die voorreg hê om julle in die regte lewe te ontmoet. Intussen – Adios. My gebede loop elke dag saam met julle.
April 22, 2009 at 8:56 nm |
Baie geluk vir die verjaarsdag, baie hartseer oor die toemaak, baie sterkte vir alles wat julle aanpak.
April 22, 2009 at 9:20 nm |
Dit is jammer.
April 23, 2009 at 7:13 vm |
Die Blog het toe groter geraak as die bloggers en ‘n lewe van sy eie ontwikkel. Interresante verskynsel.
Ek moes dit seker beter probeer stel het, die blog word wel toegemaak maar ons gaan nie ophou nie. Ons blog net nie meer saam nie. Dink daaran as ‘n nuwe begin eerder as ‘n einde
April 23, 2009 at 8:33 vm |
Baie Geluk met die Blog-bday! Soos jy sê, April 2 jaar gelede was ‘n besige een.
Dis sad om ‘n groot blog soos julle s’n te sien toemaak, maar dit troos darem om te weet Krista se ander 2 bly, en dat ons julle nie heeltemal verloor nie.
Gaan goed!
April 23, 2009 at 9:02 vm |
Baie geluk met die 2 de verjaarsdag!!! My hart is nou so seer ek hardloop sommer innie woestyn in… Damn…. Nou sal julle maar saam met Biebs en Helga in ‘n vantjie moet klim en vir my kom kuier…. Tsk….
April 23, 2009 at 2:29 nm |
Daai Narcie en Helge SAAM in EEN van???? Is NAG Nella!!! (ek en die Vriending gaan ini van vooruit ry – en die twee stoutgatte kan ini Bantampie agterna suiker! I’ll have none of their “nee, dit was hy!! Waaaaaaaaaa!!! Hy KYK vir my!!! Eeeeeeeeeeek!!! hy byt my!!! Einaaaaaaa hy gooi my!!!” Imagine daai kabaal alliepad Upington toe!!!
April 23, 2009 at 4:59 nm |
Ek stem vir die een!
April 23, 2009 at 9:02 vm |
April 23, 2009 at 10:05 vm |
Julle blog was ook die eerste waar ek begin lees het en vandaar die res ontmoet het.
Sterkte vorentoe, hierdie blog is definitief die begin gewees van baie dinge.
Sien julle darem weer!!
April 23, 2009 at 3:13 nm |
/me maakie keel skoon – hhhhhmmmmgrrpphhhh*bleeeeegh*
en dankie Wosonki, vir meer as wat ek ooit voor kon vra – twee hartsvriende waarsonder ek my die lewe nie kan voorstel nie.
Nie hieroor of daaroor nie… ok ‘n bietjie hieroor and at second thought daaroor ook… maar ehm waar was ek?? Oja – ek wou iets sê:
Geluk Wosonki met jou terrible two’s: (dis nou jouse ma en jouse pa
En nee, ek kan jou ongelukkig nie koop nie – jy’s priceless!!
April 23, 2009 at 10:13 nm |
Ag nee man! Solank julle net nie verdwyn nie. Geluk met die blogverjaarsdag.
April 24, 2009 at 2:10 nm |
Dagse Wosonki
Baie geluk met die tweede herdenking van jul blog se lewe. Met opregte waardering wat ek dankie se vir jul bydrae tot die blog sfeer.
Nou wil jy verder die lang of die kort weergawe hoor? Naaaaaaaa, ek is te besig, so hier gaan die korte: Jou hele militere ……., sort daai hond uit ons wag vir jou.
Groete
April 27, 2009 at 9:40 nm |
Moet ek nou eers hier aankom… Ag nee man, Jaco!
Happy belated birthday! Vat ‘n breuk, sort daai hond uit – ons wag geduldig.
Sterkte!
April 28, 2009 at 4:18 nm |
Net soos met hierdie landjie van ons is daar darem nog hoop!
Gelukkige 2de verjaarsdag aan die Wosonki’s, dis soos gelukwensinge by ‘n begrafnis!
April 30, 2009 at 3:08 nm |
Liewers laat as nooit: ek groet julle.