Wie en wat is Wosonki

Aangename kennis, ons is Jaco en Krista - partners, lovers and best friends. Welkom by ons kombuistafel! Ons kuier graag in die kombuis, ‘n groot plaaskombuis met ‘n lang, stewige houttafel waarom en waarop alles gebeur.

Hier wil ons ons gedagtes neerpen - drome, visioene, idees - oor alles wat ons raak en sommer life in general. Somtyds mag ons dalk net prut, soms lekker kook en dalk partykeer oorborrel! Ons hoop jy sal die reis saam met ons ervaar - vir botter of wors . . .

“So wat presies is ‘n wosonki?” hoor ek jou vra. Nee, ons praat nie vreemde tale nie, as jy worshondjie vinnig genoeg sê, kom dit uit as wosonki. By the same token, word bulldoggy budoggi.

Die wosonki en die budoggi is ons kinders. Jonty die wosonki is sy pa se kind - die moed van ‘n leeu en die attitude van ‘n rottweiler. Muffin die budoggi is haar ma se kind - tjoklits is haar lewe. Dankie vir die inloer, en voel vry om ‘n ou ietsie in die pot te gooi . . .

8 Responses to “Wie en wat is Wosonki”

  1. Kobus Says:

    Jaco
    dit is `n mooi stukkie wat jy het oor regte mans. Pragtig ek hou van die stuk!

    Groete

    Kobus

  2. Mariette Pretorius Says:

    Hi Christa en Jaco. Dit was lekker in julle kombuis! Dankie vir die dinge wat julle deel.

  3. everydaybloggerthesis Says:

    Hello,
    we would like to ask for your help and please participate in our online survey
    “The everyday blogger”.

    http://www.everydayblogger.uni-bremen.de/

    We are interested to hear from all bloggers about their blogging activities and details around the digital domestication.
    As part of our master thesis we investigate for a visual documentary film of user cases. This research is being conducted under the guidance of Prof. Dr. Heidi Schelhowe at the University of Bremen in Germany and developed by us, Danny Barrantes and Ina Pruegel, master students in “digital media”.
    Once you finish, you will be offered the opportunity to become a possible candidate for the documentary film. This is voluntary and we’ll be more than happy for you to participate.
    Please forward this link as well to other bloggers, so as many people as possible can take part.

    Thanks in advance for your help
    Ina and Danny

  4. SHARKS Says:

    Mal oor die moer koffie reuk hoor!!

  5. corlivandermerwe Says:

    Hi daar julle!

    Krista het kom inloer en my gekomplimenteer op my eie woefters. Daar ís nogal `n resemblance Krista. Vertel bietjie vir my waar kom die Wosonki vandaan? Ek sal julle gereeld besoek - dis lekker hier!!

    Corli

  6. Irma Says:

    Hallo daar. Is daar nie n MAN, plaasboer om die tafel dalk 30-37 wat n vrou soek nie?

  7. Pikkelik Says:

    Ek wonder nou net, as wosonki en budoggie nou ‘n klein vrou hondjie het, sal sy dalk teefonkie wees?

  8. Elmarie Says:

    Kan julle my dalk help? Ek is ook opsoek na die DVD reekse Maya die by / Die Smurfies / en beslis Dawie die Kabouter. Kan iemand dalk vir my sê waar ek dit te koop kan kry?

    Bloemfontein groete

Leave a Reply