Logostieke nagmerrie

June 30, 2008

Wosonki en kie gaan maar bitterlik stil wees met rukke so oor die volgende paar weke. Ons lewens is op hierdie stadium ‘n logostieke nagmerrie, en ons bankrekening is tot rampgebied verklaar.

Dit is tog snaaks hoe al die besittings wat jy met soveel sorg en ywer versamel somtyds die vermoë het om jou lewe in ‘n nagmerrie te verander sodra die delikate balans versteur word.

Laasweek se Nelspruit uitstappie, en meer spesifiek die ontydige en onbeplande ontmoeting met die voorkant van ‘n bakkie het die balans van ons bestaan versteur, en nou is die hel los. Die bakkie moet gediens word voor ons met vakansie gaan, die kar se versekeringseis moet afgehandel word sodat die kar herstel kan word terwyl ons met die bakkie op vakansie is, maar tot ons vakansie begin het ons nog albei voertuie nodig.  Muffin die resiesbulldog het haarself beseer en moes vanmore in onderstepoort opgeneem word vir ‘n klein operasie. My inboksie loop oor van sakies wat my aandag verg, skoonma hulle is weg see toe met vakansie en ons sit met die hele huishouding. Die baas probeer sy bes om my so te oorlaai met werk dat ek nie kan verlof neem nie, my glyconutrients word more afgelewer en moet getoets en betaal word, . . . (diep sug) . . .  en al waaraan ek kan dink is dat daar nog net 5 dae oor is voor ons verlof begin.

Derhalwe skuld ek onder andere dievolgende mense verskonings

Chaos - sorry. Ek ignoreer jou nie, ek wil baie graag met jou notas vergelyk. Miskien is dit weer tyd vir ‘n ou brekfissie of so?

Wipneus en Teddy, baie lekker om julle te ontmoet Saterdag. Anja en Didi, Koeks en Johan - goed om julle weer te sien. BB, jou lyrics is steeds amazing. Moenie moed verloor nie, onthou die crowd was nou nie wat jy kan reken as ideaal nie, but you will get there. Jammer ek was op my eie planeet. Ek skuld julle and I will make it up to you.

Jaco


. . . Nelspruit’s a bummer . . .

June 26, 2008

%W#!$*!@^%#$!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Lyfie was vroeg vanoggend in ‘n ligte fender-bender betrokke in Nelspruit. Nie veel skade nie (dis nou op Lyfie), maar Koos het bietjie seer gekry. Hy is besig om die wheel-strut en bande laat vervang en R2000 later behoort hy reisvaardig genoeg te wees om by die huis te kom.

Ek vermoed hy was bietjie bang om my te bel en te vertel daarvan. Of miskien was hy verlig dat hy so vêr is en dus buite bereik . . . :wink:

Maar belangrikste van alles is dat Lyfie veilig is, en Lyfie is oppad huis toe. EN dis nog net 1 week voor ons verlof begin! Jiiiiiiiiiiippiiiiiiiiiiiieeeeeeeeeeeeeee! :grin:

Krista


. . . pausing . . .

June 25, 2008

 

Jaco is in die Laeveld op training en is eers Vrydag terug. Intussen is dit ‘n malhuis by die werk - dit hou net nie op nie.

So as julle nie veel van ons hoor tot volgende week nie, moenie paniek nie, ons probeer net ons koppe bo die bruin spul #$% hou . . .

Miskien kan julle intussen help dink: ons soek idees vir ‘n besighed om na-uurs by die huis te begin. Dit kan klein begin, maar moet die potensiaal hê om te groei. Help asseblief? (Ons kan altyd onderhandel om tantieme te betaal vir ‘n idee wat werk . . .) :wink:

 

Krista


Min dae

June 20, 2008

Oor presies twee weke begin span wosonki se welverdiende (en langverwagte) verlof.  Ons sien nogal vreeslik uit daarna, 17 volle dae van leeglê en saamwees. Met hardekoolvuurtjies, rooiwyn en die reuk van bosveld in jou neusgate. Met die koer van tortelduiwe as die son opkom. Die bosveld roep soos Zulu dromme, daardie narkotiese Afrika ritme, doem da da doem da da doem doem da da doem da da doem doem da da doem da da doem.

Terug in die regte wêreld moet daar egter nog eers so paar dingetjies platgespeel word voor ons gaan. Daar is ‘n vierdag trippie Laeveld toe vir my volgende week om bietjie besigheid op te jaag. Lyfie kan ongelukkig nie saam nie, maar op die positiewe kant kant ek darem bietjie by my broer loop inloer - die man raak nou groot ons begin dalk net om regtig te bond nou. Ek vat egter my gunsteling oom, mentor en stand-in pa saam. Soortvan ‘n manne uitstappie. Sjaaim hy is so opgewonde, ek dink hy pak al! En ek kan gaan avo’s kry teen meer billike pryse. Alles en alles sal die uitstappie nie te ondraaglik wees nie, alhoewel ek dit haat om weg van Lyfie te wees.

Voor ek egter kan ry moet ek gou eers vandag die kar se lisensie gaan hernu. Want soos laasjaar het ek gedink die ding verval eers en Junie, terwyl hy reeds einde Mei verval het. Daar is ongelukkig nie pille vir domgeit nie. Maar gelukkig het ek dit raakgesien voor ek gery het, en nie eers as die bloubaadjie my van die pad aftrek nie.

Dan is daar die klein kwessie van hoe om die ure op te maak wat ek verloor terwyl ons op vakansie is, maar ek sal nog bietjie daaroor moet dink.

Vasbyt honkispan, min dae!

P.S. Dellie, het jy gesien hoe mooi het ek ‘n positiewe draai op alles probeer sit? Ek is nogal heel trots op myself.


. . . fighting the good fight . . .

June 16, 2008

Almal wat ons ken, weet dat ons nooit baklei nie. NOOIT. OOIT. Ons het wat genoem kan word: . . . “episodes” . . . (almal saam: ooooohhhhhh).

Ons het die stilstuipe beperk tot 3 dae maksimum (as dit dan nou moet!), dan praat ons dinge uit. Daar is nie baklei met vlieënde voorwerpe, skreeuery, vloekery, slanery in ons huis of in ons “episodes” nie. Alles baie civilised. (As ons moes begin goed rondgooi en slaan, het ons dalk nooit opgehou nie) :wink:

Nou is ek nuuskierig: vertel bietjie hoe verloop rusies in jou huis?

Krista

PS: ek sal moet lig loop . . . ek sien juis die maan is weer aan die vol word . . . :grin:


In die ware gees van Comrades

June 15, 2008

Want maak nie saak wat die organiseerders besluit nie, die ware gees en kamaraderie van Comrades sal altyd bly voortleef in die harte van die deelnemers.

Van kleintyd af was hierdie stuk musiek nog altyd vir my sinoniem met die gees van Comrades. Vandag is dit nog steeds een van my gunsteling stukke.

Jaco


Anoniem dog bekend

June 9, 2008

Nou ja, vandag was seker een van die meer interresante dae in my kort lewetjie. Ek sit nou hier vir myself en giggel want dit is tog snaaks hoe die mens se brein werk. Ek was te verleë om met my dokter (wat ek al jare ken) te gaan praat oor my “probleempie” maar het geen probleem gehad om dit hier voor ‘n spul bykans vreemdelinge uit te blaker nie. Die wonder van internet, waar jy anoniem dog bekend kan wees.

My afspraak om die inspuiting te kry was 09:45, maar ek moes vir Lyfie vra om te herskeduleer want om 09:45 was die baas nog besig om vir my ‘n preek af te steek oor glo dit nou as jy wil, hulle voel ek kyk nie goed genoeg na my gesondheid nie! Voor dit is ek behoorlik die kop gewas . . . nee wag kom ons los dit net daar. Ek het genoeg baklei vir een dag. Om 15:45 vanmiddag het ek die eerste van 4 inspuitings oor ‘n twaalf maande periode gekry. Watch this space vir die smile op Lyfie se gesig . . . en op myne.

Eerste saak op die agenda is om terug in die gym te kom. Al my werk tot dusver is ongedaan en sal basies weer voor moet begin waar ek laasjaar ongeveer dieselfde tyd was. Maar die keer mag dit dalk net werk. Daarmee hoop ek om dus nou hierdie hoofstuk af te sluit. Hou maar die Vitalstatistix bladsy dop vir vordering (indien enige)

Ek het gisteraand absoluut niks geslaap nie. Om die waarheid te sê, na twee uur vanoggend loop ek my in Boendoe vas waar sy ook soos ‘n slaapwandelaar deur die blogosfeer dwaal. Ek is op-moeg, so ek gaan nou probeer slaap. Die res van die week is nag werksgewys, maar die langnaweek is oppad!

Ciao
Jaco


Moekie, moeder, ma, moeks, muter, persheks, snaakse tannie . . .

June 5, 2008

Vandag is sowaar ‘n spesiale dag.

‘n Viering van die dag waarop God ‘n engel op die aarde geplaas het om die mense wat sy aanraak se lewens waarlik spesiaal te maak.

Baie, baie geluk met Moekie se verjaarsdag vandag! Ons hoop daar is nog jarre en jarre en jarre se pret en plesier wat voorlê. Dankie virrie grootmaak en die ondersteuning en die harde werk en die liefde en alles.

Die kinners


Toe ons nog eens twee kalfies was

June 1, 2008

Sonkind het ons al laasweek getag om ‘n paar foto’s uit ons prille jeug ten toon te stel. Dinge was bietjie rof, maar hier is hulle nou.

Krista as baba. Te oordeel aan die vingertjie was sy sommer van vroeg al gewoond aan orders uitdeel.


Krista “in training” as ‘n blommekind.

Jaco as baba.

Jaco ongeveer 6 jaar oud.


The subscriber you have dialled . . .

May 25, 2008

Hierdie week gaan ‘n nagmerrie wees vir die wosonki’s, en ons gaan waarskynlik die arme blog totaal verwaarloos.

Maar ons sal weer terug wees sodra ons die nuutste stel uitdagings (wat insluit ‘n begrafnis, ‘n eksamen en ‘n drie-dag sakereis Kaap toe) die hoof gebied het.

Hoop julle week is meer ontspanne as ons s’n. Tot weersiens.

Jaco & Krista.