May 1, 2008
Ek lees vanoggend in die beeld dat die voorlopige likwidateur van Nationwide wil hê dat mense wat bespreekte kaartjies gehad het hulle per vonkpos moet kontak sodat hulle as skuldeisers geregistreer kan word.
Nou verskoon my onkunde, maar is almal wat bespreek het se name en kontaknommers nie reeds in nationwide se besprekingsstelsel opgeneem nie? Dit behoort met die druk van ‘n knoppie uitgedruk te kan word. Of is daar ‘n ingewikkelde regsverduideliking daarvoor?
Dit wil my net voorkom dat in hierdie sirkus waarin ons woon, relatief eenvoudige probleme soos bg. oormatig gekompliseer word deur totale gatkant-vorentoe benaderings, kommissies van ondersoek, onbeholpe amptenare en plein korrupsie.
Kômmin sense is dood, lank lewe kômmin sense!
Jaco
3 Comments |
Galbraak |
Permalink
Posted by wosonki
April 17, 2008
Ek is eintlik ‘n baie vreedsame ou. Ja ek raas en blaas gereeld, maar dit is al wat dit is. Raas en Blaas.
Tot vanmôre. Selfs Job se geduld raak op. Sodra dit 8uur word gaan ek die instansie bel wat gister hierdie stuk teëlwerk in my studeerkamer/kantoor begin doen het. Maar vandag gaan anders wees. Vandag is die raas en blaas op, net kil berekende moerigheid is oor.
Ek soek drie dinge: Antwoorde, ‘n Verskoning, en daadwerklike aksie om die gemors reg te maak. Dadelik.
Tewyl dit gebeur verduidelik ek solank vir die ander firma waarmee ek aanvanklik wou besigheid doen (en wat my nou al sedert verlede Maandag sou bel om afspraak te maak) wat ek van hulle diens dink. Daar sal ek settle vir slegs ‘n verskoning en ‘n verduideliking.
Ek is ‘n nobody in terme van finansiele mag, of kontakte, maar toets my vandag en kyk hoeveel moeilikheid kan ek veroorsaak. Hou hierdie spasie dop.
Jaco
6 Comments |
Galbraak, Jaco sê |
Permalink
Posted by wosonki
April 15, 2008
Ek het ‘n mooi “I’m happy, youre happy we’re all happy” inskrywing gehad wat ek vandag wou doen. Ek gaan dit nie meer doen nie, in elk geval nie vandag nie.
Krista is nou weer siek, en dit net toe ek begin beter voel. ‘n Halfuur nadat sy besluit het om eerder bietjie later te ry eerder as halfses soos gewoonlik, klop skoonma ons op. Daar is nie water nie, die meter is gesteel. Alweer.
Geen water = Geen koffie = geen warm stort.
Vir die stadsraad om die ding te kom vervang moet ons eers ‘n saaknommer by die polisie kry. Die manne in blou was binne minute hier nadat ons hulle gebel het, punte vir die SAPS! Nou wag ons maar en sien hoe lank die mislikepaliteit gaan neem om die meter te kom vervang.
Op dae soos vandag is dit maklik om te sien hoekom ForFucksakes een van my mees gebruikte uitdrukkings is.
Moerrerig die uwe
Jaco
9 Comments |
Galbraak, Jaco sê |
Permalink
Posted by wosonki
April 7, 2008
Tot en met 20:30 gisteraand was ek en Lyfie albei oortuig dat die 3 mees gehate woorde in die Engelse taal “ . . . some assembly required . . .” is.
Dinge het verander
Die nuwe mees gehate woorde is “ TO BE CONTINUED . . .” Daar behoort ‘n wet daarteen te wees.
Aan die vervaardigers van een van ons gunsteling TV programme het ons ook 3 woorde vandag. JULLE SADISTIESE BLIKSEMS!

Afwagtend die uwe,
Die Wosonkies
6 Comments |
Algemeen, Galbraak, Jaco sê, Krista sê |
Permalink
Posted by wosonki
March 4, 2008
Ek onderbreek nou eers hierdie week se vlaag patriotisme om iets op te haal wat werklik my verstand te bowe gaan. Spelling. Spesifiek spelling op en in advertensies. Kyk, ekself is ‘n bra vrotsige speller op die beste van dae, maar wragtag, as jy jou dienste wil adverteer vir die wêreld daar buite, dan maak jy seker die spelling is korrek. Andersins maak jy ‘n gek van jouself.
Ek haal sommer 3 voorbeelde aan wat ek hier in ons woonbuurt rond raakgeloop het. Die eerste ou ontwerp en installeer gewapende beton blaaie. Soos die tipe wat jy sal gebruik in multi verdieping geboue. Sy bakkie adverteer ook trots “re-enforced concrete slabs” Huh!?? Gaan enforce jou ambag dan eerder op ‘n ander plek. As jy dit nie eers kan spel nie, wat is die kanse dat jy dit behoorlik kan doen? Ek is sekerlik nie bereid om die kans te waag nie.
Op die deur van ‘n bakkie van ‘n onderneming wat springkastele en ander partytjie goete uitverhuur. “Aapies en klein diertjies”. Aapies!? Een of ander nuwe spesie? Of wat van die onderneming wat kraggereedskap uitverhuur. “Hireing of…” Laas toe ek op skool was het ons dit hiring gespel.
Almal maak spelfoute, maar spelfoute op advertensies van jou besigheid laat jou soos ‘n palooka lyk. Niemand wil met ‘n palooka besigheid doen nie.
Of is dit net ek wat so voel?
Jaco
10 Comments |
Galbraak, Jaco sê |
Permalink
Posted by wosonki
February 19, 2008
Hierdie is nog nie die post oor daaaaaaaaai ding van Vrydag nie. Hierdie is ‘n verduideliking oor ‘n gevolgtrekking wat ek vanmiddag bereik het.
Op hierdie blog sal in die vervolg items te koop aangebied word. Items waarvan die gebruik totaal en al oorbodig geword het (en wat ander mense dalk kan gebruik). Item 1 vir hierdie week is dus:
36+ “Quantity”-knoppies - verkry van die Hyperama Mayville se kasregisters.
Die rede vir die beskikbaarheid van bogenoemde knoppies:
Neem 1 kliënt met verskeie items in haar/sy mandjie wat gesegde kliënt graag wil aankoop - verkieslik voor Armageddon op die aarde toesak in 2055. Neem item waarvan daar ‘n aantal (meer as 1) in die mandjie is. Bv: Maggi 2min noodles op “special” vir R1.79 elk. 12 daarvan. Voeg dus ‘n ongeletterde, lui kassiere by hierdie drukpot van ‘n situasie nadat die kliënt onverrigter sake voor 7 rakke moes verbydraf omdat daar geen voorraad beskikbaar is nie.
Bogenoemde kassiere beweeg tydsaam een vir een die artikels verby die laseroog om die artikels op te lui. Een . . rus . . . een . . . rus . . . een . . . rus . . . gesels met pakker . . . rus . . . een . . . rus . . . een . . . draai hom om . . . scan weer . . . trek hom so bietjie reg . . . scan hom weer . . . een . . . ok . . . twee . . . twee . . .
Die rede dus hoekom die “quantity”-knoppies op die Hyperama se kasregisters oorbodig is: die kassiere kan nie tel nie!!!!!!!!!!! Om te 12 x R1.79, moet jy tot by 12 kan TEL! Aangesien hulle nie kan tel nie, scan hulle een vir een vir een artikel. En intussen kry ek so by myselwers elke keer ‘n mini-beroerte as hulle teen slakkepas elke artikel op sy eie scan. Dis genoeg om enige mens ‘n gemoedsbekakking . . . floute te gee!
So . . . ek bie R1.00 per knoppie, aangesien hulle splinternuut is en dus nog nooit gebruik is nie!
Enige voorstelle vir volgende week se artikel te koop?
Krista
PS: onthou ek so na die tyd sy het darem die rolletjies boudtissues se 2de pak net ge”quantity” en nie weer gescan nie. Seker net om te bewys sy KAN tot 2 tel . . . ?
6 Comments |
Galbraak, Krista sê |
Permalink
Posted by wosonki
January 17, 2008
Waarskuwing! Erg gekruide taal word in die post gebruik. Sorry Dominee.
Bliksems! Julle arrogante, verwaande, useless bliksems! Nee, nie die kabinet nie, maar Eksdom. Julle weet, daai klomp idiote wat Suid Afrika in 13 kort jare gevoer het van kernkrag tot kerskrag. Ja, ek weet die onderwerp is deesdae almal se favourite piepie-paaltjie, maar ek moet stoom afblaas of anders gaan my sleutelbord dit weer moet ontgeld, en ek het nie nou spaar sleutelborde in die kas nie. En ek kan nie een gaan koop nie, want die winkel wat die goed verkoop het ook nie krag nie.
Vandag was nou die 3de dag in ‘n ry hierdie week wat die krag af was. En elke keer 3 ure of meer. Gemiddeld was die krag in Januarie ten minste 3 keer per week af. Maak jy self die somme, dit is 36 uur per maand sonder krag. So what? vra jy. Wel, ek is ‘n kontrakteur vir ‘n sagteware huis, en as kontrakteur word ek per uur betaal. 36 uur downtime beteken teen huidige tarief R4320 minder in my beursie aan die einde van die maand. Dit is nie bygereken die verlies aan tyd om regsteun kopieë te laai en korrupte en verlore data te herstel nie.
Op die laptop kan ek nie werk nie, die ding is eerstens ongemaklik, tweedens hou sy batterye ook maar net een en ‘n kwart uur en derdens het ek my ADSL nodig. Geen krag = geen ADSL. Om in te haal as die krag weer aankom is nie ‘n opsie nie, want na 6 uur in die middag is my vrou se tyd (die aande wat haar werk nie haar tyd opeis nie). Dit is nie onderhandelbaar nie. UPS? Kragopwekker? Hoekom die fok moet ek nog geld (wat ek nie het nie want ek kan nie werk nie) spandeer op al hierdie goed as ek vir ‘n diens betaal wat ek net eenvoudig nie ontvang nie?
Ons is baie vinnig om Deon Maas te laat fire, Pick en Pay uit te kryt as rassiste oor hulle beweerde hulp slegs aan swart vloedslagoffers, of een helse herrie oor ‘n anti-christen boodskap in ‘n fliek te maak. Maar die manne van Eksdom wat ons blatant besteel word maar net toegelaat om op hulle eie pas aan te donner. Now thats keeping your priorities straight!
Aan die ringkoppe van Eksdom. Julle is net so donners laag soos die commin krimineel wat jou kar op die straathoek van jou vervreem. Julle hoort in dieselfde tronksel as Bubba. Toe julle moes kragsentrales bou en onderhoud aan die lyne doen, toe betaal julle julleself astronomiese bonusse. Nou wil julle 18% verhoging in tariewe hê om vir hierdie dinge te betaal. Miskien verdien julle tog julle bonusse. Dit verg ‘n spesiale soort korrupsie om ‘n wel ge-oliede masjien wat Eskom was in net 13 jaar op te fok tot die geroesde wrak wat Eksdom vandag is.
Ek hoop al julle vingers verander in vishoeke, en julle knaters begin jeuk! Bliksems.
Jaco
15 Comments |
Galbraak, Jaco sê |
Permalink
Posted by wosonki
January 9, 2008
Mens het na die internet gegaan. Op WordPress se heuweltjie het mens gaan stilstaan en gevra: WIE IS EK?
Uit die diepte van die kuberruimte het Koning Akismet geantwoord: JY IS SPAM!
O gonnapiet, moerwetterhel, bliksem en 3 donners, I have indeed become that which I hate the most, aldus Akismet. Nou vra ek jou met trane wat vlak in my groen ogies biggel, wat het ek dan verkeerd gedoen? Het die verdomde Akismet net een oggend in Desember ontwaak en totaal randomly ‘n paar bloggers gekies van wie se avatars hy nie gehou het nie, en besluit om hulle spam te maak? En dit gewoonlik as ek op my pittigste is.
Of nee wag, ek weet! Akismet is deur die Suid Afrikaanse regering oorgeneem. Dit is die enigste ander plek wat ek van bewus is wat sulke onverantwoordelike goed aanvang. Gmpff!!! Verbeel jou. Ek! Spam!??
Loer asseblief in julle spamtronke en gee vir arme Jaco en Krista daarbinne ‘n blogeienaars-kwytskelding, en ek sal dieselfde vir julle doen. Dalk is ons gelukkig en kan ons koning Akismet sy nare gewoonte laat afleer.
Dag ou grote.
Jaco
9 Comments |
Galbraak, Jaco sê |
Permalink
Posted by wosonki
December 6, 2007

En my bitchfest rol aan. Stop my voor iemand seerkry!
Voor ek egter verder gaan moet ek eers vir my liefie-sonstraal-in-my-lewe baie geluk sê, sy het al 3 haar Unisa vakke waarvoor sy 2de semester ingeskryf het, geslaag. Die een vak nogal ge-cum ook! Nog net 7 vakke lyfie, vasbyt die einde is nou in sig!
Raait terug na my kraplappie (dankie Ding!). Feesseisoen, elke klein seuntjie en dogtertjie en menige nie-so-klein seuntjie en dogtertjie se droomtyd van die jaar. Al die familie en vriende, al die kos en geskenke. Maar ook, die samedromming by winkelsentrums, die slagting op die paaie, die selfmoorde en die klappers! Dan kort na nuwejaar, die realiteit van te veel verpligtinge en te min geld.
Moenie my verkeerd verstaan nie. Heimlik is ek dalk ook ‘n bietjie van ‘n Kersfees freak. Dalk omdat ek as klein seuntjie dit nie gehad het nie. Maar is dit werklik nodig om in ‘n reeds oorvol winkel die laaste 3 jaar se skindernuus op te vang met ‘n vriend/ex kollega/familielid waar julle mekaar toevallig reg in die middel van die gang raakgeloop het?
Is dit nodig om jou kind te verskreeu, en hom/haar aan die arms rond te pluk omdat hy huilerig is? JY! Meneer of mevrou het die kind in die speelgoedrakke ingeneem, natuurlik wil die kiddie aan alles voel en vat, en alles hê, dit is ‘n kind for goodness sake!
Is dit nodig om tussen 01 Desember en 02 Januarie die padreëls en gewone bedagsaamheid heeltemal te vergeet? Wanneer ry jy met jou bombastiese houding wat soos ‘n mal ding jaag ‘n onskuldige familie in die hiernamaals in?
Is dit werklik nodig om met jou mini 60mm patmor “bomme” my diere en myself tot amper histerie te dryf. En dit op oukersaand! Daarna word dit net al erger tot soveel as ‘n maand na nuwejaar voordat jou voorraad uitgeput is. Nuwejaars kruip ek met my PTSD en my diere ewe diep onder die bed in. Gaan soek ‘n oop veld ver van die woonbuurt af en maak jou oorlog daar. Asseblief? Ek soebat jou?
Is dit nodig om geld te spandeer asof daar geen môre is nie? Waar gaan goeie verstand heen tussen 01 en 31 Desember? Dan kom klop jy aan my deur Januarie want jy het nie geld vir skoolklere, brandstof en kos nie.
Behalwe daarvoor is ek mal oor die kersseisoen.
Jaco
10 Comments |
Galbraak, Jaco sê |
Permalink
Posted by wosonki